Sports galleries

Rolbalbane weer vol bespreek by gewilde Selati-toernooi

Spelers van klubs in verskeie provinsies het weer by die Malelane Gholfklub kom kamp vir die week-lange Selati Rolbaltoernooi. Benewens die strawwe kompetisie is daar lekker saamgekuier en verskeie aktiwiteite het vir groot pret gesorg.

Interessante uitdagings bied hope pret by Skilpad Rally

Komatipoort Akademie se jaarlikse Skilpad Rally op plase naby Komatipoort het weereens aan gemeenskapslede die kans gegee om prettige uitdagings saam met vriende en familie aan te pak. Spanne het snaaks aangetrek en moes vrae beantwoord en aktiwiteite vir punte voltooi.

Around 600 cyclists compete in Big 5 MTB Race

The Big 5 MTB Race in Komatipoort proved as popular as ever, with hundreds of cyclists competing for podium places last Saturday morning. Cyclists from all over the country and even a few from overseas participated.

Rugby: Malelane vs Hoedspruit

Malelane Rugbyklub se eerstespan het Saterdag ‘n naelbytstryd teen die Laeveld Pumbas van Hoedspruit gehad. Die spanne het omtrent beurte gemaak om drieë te druk, maar die Pumbas het op die ou einde met slegs ‘n paar punte geseëvier.

The Selati Cup’s top performers are rewarded

Players, sponsors ad partners of this year’s Selati Cup were thanked for their efforts in making this year’s tournament even bigger and better. The best players in various categories were also announced and received prizes.

Rugby: Malelane II vs Ngodwana

Malelane Rugbyklub se tweedespan het Saterdagmiddag Ngodwana aangevat in ‘n ligawedstryd op Malalane. Ngodwana het in die eerste helfde twee drieë gedruk en een verdoel. Malelane het na rustyd teruggeveg met ‘n puik verdoelde drie. Ngodwana het egter na ‘n onverdoelde drie gedruk vir ‘n wentelling van 7-17.

Malelane pak die Ratels en Belfast in taai stryd aan

Saterdagmiddag het die rugbyspelers van Malelane hard moes veg vir elke punt wat hulle teen die rugbyspanne van Ohrigstad en Belfast behaal het. Die tweedes moes die knie buig teen Belfast, maar die eerstes het ‘n oorwinning teen die Ratels van Ohrigstad behaal.
Top