Galleries

Gemeenskapslede staan saam vir kankerlyers en -navorsing by CANSA Relay for Life

Onderbergers het Saterdagaand in die snerpende koue by die Malelane Rugbyklub aan die CANSA Relay for Life deelgeneem. Spanlede het beurte gemaak om vir 12 uur lank om die rugbyveld te stap om die nimmereindigende stryd teen kanker voor te stel en fondse vir CANSA se verskeie projekte in te samel.

Komati-leerders tuis op die loopplank tydens Mnr. en Mej. Komati

Die finaliste van Komatipoort Akademie se Mnr. en Mej Komati moes aan hulle modelstappie werk vir die jaarlikse geleentheid en het tydens die kroning op 13 Oktober hulle goed van hul taak gekwyt. Die leerlinge moes ‘n hele paar uitrustings tentoonstel en hulle prettige optrede het die gehoor baie vermaak.

Malalane-krieketspelers skop seisoen af in reënweer

Saterdagoggend se bewolkte weer en ligte reën het geensins die geesdrif van die Malelane Meesterskrieketspan gedemp tydens hul eerste wedstryd van die seisoen nie. Hulle het op Riverview Prep se velde teen LVCC gespeel.

Horizon learners travel the world on stage

Family and friends were entertained with dancing and costumes from countries around the world at Horizon Academy’s annual concert last week. The theme was “All aboard” and followed a girl travelling the world in her hot air balloon.
Top