Studie onthul die beste beroepe vir jongmense

'n Studie deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het bevind dat salarisse binne die IT-sektor die vinnigste groei.

MALALANE – Matrieks begin binnekort met hulle rekordeksamens en het slegs ‘n paar weke van skoolwerk oor. Sommige leerlinge is egter steeds nie seker watter loopbaan hulle wil volg nie.

Solidariteit Helpende Hand se Studie-fondssentrum het onlangs navorsing voltooi om te sien wat die vyf topstudierigtings en -beroepsmoontlikhede is.

Hulle het ongeveer 300 jong werknemers, wat tussen 2015 en 2018 afstudeer het, ondervra. Daar is gekyk na beginsalarisse, hoe lank dit kandidate geneem het om werk te kry nadat hulle ‘n kwalifikasie verwerf het en hoe die salarisse oor die afgelope 30 maande gestyg het. Hulle het ook in ag geneem hoe gemaklik die groep in hulle werksplekke is.

LEES: Videos make studying easier for rural pupils

IT of informatika is as die beste beroeps-rigting aangewys. Die drie persent studente wat hierdie studierigting gevolg het, is die gemaklikste in hul werkplek en hulle salarisse het die vinnigste vermeerder. Hulle het binne ‘n gemiddeld van twee maande na hulle klaar gestudeer het, werk gekry. Die groep se gemiddelde beginsalaris was net meer as R8 300.

Beroeps- en ambagsopleiding was tweede op die ranglys, met 23 persent van die ondervraagdes. Al hoe meer studente begin ambagte leer. Hulle het binne ‘n gemiddeld van drie maande werk gekry en ‘n gemiddelde beginsalaris van meer as R7 600 verdien. ‘n Paar wat deur Solidariteit se Sol-Tech studeer het, het ‘n baie hoë plasingsyfer gehad en ‘n gemiddeld van R22 000 per maand as beginsalaris gekry.

Daar bestaan ‘n groot vraag na mense in ingenieurswese en ambagte.

Finansiële- en bestuursrekeningkunde was derde, met 14 persent van kandidate. Hulle het binne drie maande werk gekry en ‘n gemiddelde beginsalaris van net oor R9 000 getrek. Studente wat die rigting gevolg het, het die maklikste werk gekry.

Sowat 10 persent van die studente het gesondheidswetenskappe studeer. Dit het rigtings soos mediese dokters, verpleegsters, terapeute en laboratoriumpersoneel ingesluit. Hulle het binne drie tot vier maande hulle eerste werk gekry. Die gemiddelde beginsalaris was meer as R13 000.

Veeartsenykunde het die top vyf afgesluit. Alhoewel slegs twee persent van die studente hierdie rigting gevolg het, het omtrent almal ‘n werksaanbod gehad voordat hulle klaar studeer het. Die gemiddelde beginsalaris was net meer as R19 000.

Daar is ‘n groot vraag na veeartse en volgens ‘n onlangse studie het studente vinnig werksaanbiedings ontvang.

Ingenieurswese, natuur- en landbouwetenskappe is ook as belangrike beroepsrigtings uitgewys. Alhoewel die kandidate goeie beginsalarisse verdien, het die studie gevind dat hulle nie so gemaklik in die werksplek soos die vyf topberoepe is nie.

LEES: Start your tertiary studies the right way

Die Studiefondssentrum se Stefan Pieterse, het genoem dat daar ‘n direkte verband tussen opleiding en verdienvermoë is. “Waar die werkloosheidskoers vir jongmense 26,7 persent is, daal hierdie syfers volgens ons navorsing tot slegs sewe persent wanneer iemand ‘n tersiêre kwalifikasie verwerf het,” sê hy.

  AUTHOR
Corridor Gazette

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Children face a long, dangerous walk to school

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: