Feesgangers hang aan Weskus-storieverteller se lippe

Andries Vermeulen het die eerste dag van 2018 se Garnaal Karnaval met 'n puik optrede afgesluit. Foto: Retha Nel.

KOMATIPOORT – Andries Vermeulen, die bekende Weskus-seun en mede-aanbieder van die kykNET storievertel-program “Oppie Stoep”, het die mense behoorlik aan sy lippe laat hang met sy sin vir humor, uitstekende verhoogpersoonlikheid en prag-stem.

Andries het die gehoor geïnspireer deur sy lewensverhaal te deel en vermaak met van sy eie treffers, asook dié van legendes soos Gene Rockwell en Billy Forest.

Die storieverteller het ‘n moeilike kinderlewe gehad. Hy en sy boetie was vir ‘n paar jaar in ‘n kinderhuis en het ook ‘n tyd lank op straat gebly. Hier het hulle blikkies bymekaarmaak vir kosgeld en in asblikke agter winkels ingeklim opsoek na kos. Hy vertel dat die nag ‘n baie skrikwekkende en eensame plek kan word.

Op die ouderdom van 10 het Andries sy “groot liefde” ontmoet – Jesus Christus. Van daardie dag af het hy ‘n belofte gemaak dat hy nie sal gaan lê nie. Hy sal sy liefde deel met die wêreld net soos ons Hemelse Vader van ons verlang.

Hy bedien tans gereeld die Woord aan mense by verskillende geleenthede.

Die sanger en sy vrou, Rieta, het ‘n seuntjie (3) en dogtertjie (6 maande). Hy vertel dat hy baie van die kinders mis omdat hy so baie op reis is. Die tye wat hy by sy gelieftes is, is egter oneindig kosbaar. Hy vertel dat almal moet weet dat dit vir geen geld of roem verruil kan word nie . Ons moet liefde uitstraal aan ons mense.

Andries se raad aan mense wat graag die vermaaklikheidsbedryf wil betree is om in hulself te bly  glo.

Andries is nie net ‘n storieverteller en sanger nie maar hy is beslis ook ‘n groot inspirasie en rolmodel vir jongmense.

Om meer van Andries se doen en late te volg, besoek sy Facebookblad, Andries Vermeulen – In Afrikaans of www.andriesvermeulen.co.za.

  AUTHOR
Cloudet Aspden

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
TRAC warns against overloading vehicles

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: