Kinders leer hoe om orals veilig te wees

Konst. Nicholas Tshikweta, konst. Nompumelelo Mashele, konst. Sarah Chauke, Danielle Avery, Henriëtte Minnaar en konst. Natacia Mbuyane.

KOMATIPOORT – Verteenwoordigers van die plaaslike polisiekantoor en Helpende Hand Onderberg-tak het op 31 Mei Toddle Tots en Kwetternes kleuterskole besoek.

Die kinders het gesien hoe die spesiale snuffelhonde opgelei word en die gaste het met die kinders oor veiligheid gesels.

LEES: Make sure your kids know how to stay safe

Die volgende dag was die junior fase van Komatipoort Akademie aan die beurt en het konst. Natacia Mbuyane hulle van menseregte en die polisie se werk vertel.

Danielle Avery van Helpende Hand het gesels oor hoe die kinders by die skool, huis en in die dorp veilig kan bly.
Elke kind het inligtingspamflette en ‘n lekker as bederfie ontvang.

Mensehandel is ‘n groot probleem in die Onderberg en dit is skokkend hoe maklik kinders geteiken en ontvoer word.

LEES: Learners taught how to avoid human trafficking traps

Ouers word gemaan om hulle kinders te leer om nie al hulle bewegings (waar hulle is en wat hulle doen) op sosiale media te plaas of met vreemdes te gesels nie.

Kinders moet ook nooit alleen in die dorp loop, die deur vir vreemdes oopmaak as hulle tuis is, of naby vreemdes kom wat hulle by die skool nader nie.

As ‘n vreemdeling ‘n foto van jou neem, jou nader of jou enigsins ongemaklik laat voel, moet jy dadelik jou voog of ouers laat weet of ‘n polisiebeampte of sekuriteitswag vra om te help.

Tieners en jongmense word ook geteiken deur mense wat hulle “werk” aanbied en hulle dan ontvoer. Doen deeglike navorsing oor die maatskappy of besigheid voordat jy hulle enigsins bel of alleen na ‘n onderhoud gaan.

LEES: Alleged fraudster arrested at the last moment

Dignity is ‘n organisasie sonder winsbejag in die Laeveld wat poog om gemeenskappe meer van mensehandel bewus te maak.

As jy vermoed iemand is betrokke by mensehandel of as jy bewus is van sulke onwettige aktiwiteite, kan jy Dignity anoniem by hulle tolvrye nommer skakel: 0800-222-777.

LEES:VLU raak aan die brei vir veldtog teen mensehandel

Leer meer oor mensehandel deur www.stoptrafficking.org.za te besoek.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Criminals rob late-night worshippers at Mzinti church

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: