KLETS MET KATRIEN: Ondersoek ‘n bietjie jou wrokke

Welkom terug, Katrien! Ek begroet myself vanoggend. Ek was vir n rukkie weg opsoek na vrede vir my gemoed. Opsoek na iets. Na iemand. Na myself.

Ek het ongelukkig nie een van daardie dinge gekry nie so ek sê vir myself: “Jammer, Katrien. ”

Maar die lewe moet aangaan. Als kan nie nou gaan stil staan net oor ek onsuksesvol was nie. Nee wat. Voorwaarts mars, Katrien.

LEES MEER: Klets met Katrien: Die Wet van die vullisvragmotor

So sien ek ook elke dag in die lewe mense wat kwaad gaan slaap en kwaad opstaan. Hulle gaan deur die dag kwaad en omgekrap en dan loop almal deur.

Niemand weet eens hoekom jy kwaad is nie maar iemand moet skuld kry. En gewoonlik is dit die mense naaste aan jou wat deurloop.

Vat maar my as voorbeeld. Ek kan boeke skryf oor Kwaad. Onnodig kwaad, bygesê.

Daar is ‘n  fyn lyn tussen alles in die lewe. Ons word groot in huise waar ons geleer word vergeld kwaad met kwaad.

Die Woord sê ons moet sewe maal sewentig vergewe maar ons doen nie. Ons dra dit saam met ons elke dag. Elke jaar. Daar is ‘n spreukwoord wat sê ‘dis so goed jy drink gif en verwag jou vyand moet doodgaan’.

LEES NOG: KLETS MET KATRIEN: Onthou die lekker van toeka se kinderjare

Ons maak keuses elke dag oor wat vir onsself en ons geliefdes die beste is. Soms werk dit en soms nie. Soms het jy die beste intensies met wat jy doen maar dan loop dit skeef. Erg skeef. Is dit die duiwel of is dit Vader wat intree? Weet nie. Dan die familie so kwaad dat hulle vuur spoeg en na maande jou steeds vermy.

Nou vra ek jou waar kom vergifnis in? Wanneer gaan dit hulle pas om oor die hele ding te kom?

Gaan sit vandag en dink vir wie is jy kwaad en hoekom. Dan gaan jy dalk sien dat dis eintlik nie so vreeslik is nie. Gaan kyk dan na mense wat gestremd of dodelik siek is en sien dat daardie mense vir niemand kwaad is nie. Hulle is vol omgee en liefde.

Vergewe vandag mekaar. Môre besluit ons Vader dat jy nie wakker gaan word nie en dan is dit te laat.

Mooi week vir almal x
Katrien

  AUTHOR
Corridor Gazette

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: