Desiland kleuters is bokke vir sport

Ludwig Kotze, JC Odendaal, Johan Janse van Rensburg, Mias Saaiman en Jason Janse van Vuuren probeer hul best om die toutrek te wen.

Kleuters het Vrydagoggend gehop, balanseer, vissies gevang en na malvalekkers gehap as deel van Desiland Kleuterskool se bokkesport.

Onderwysers het die speelgrond in ‘n groot hindernisbaan omskep en elke klas het as span dit voltooi.

Spanne het begin deur versigting in ‘n ry bakke met verskillende teksture soos maroelas te trap en het daarna aan ‘n sakresies deelgeneem.

Fano Masilela, Angela Holtzhausen, Sphamandla Mthaba, Eyethu Mahlalela, (agter) Mnaziri Masuku, Ketswa Netshisaulu en Anele Mzinyane het die sakresies baie geniet.

Hulle kon met visstokke met ‘n magneet aan die punt ‘vissies’ vang, waarna hulle ‘n prys gewen het om huis toe te neem.

Alex de Kock en Menei Brits vang vissies om ‘n prys te wen.

Seuntjies en dogters het daarna gekyk watter groep die vinnigste ‘n bak water met koppies na ‘n ander bak kon oordra.

Hulle het daarna in ‘n swembadjie vol balle geduik, oor ‘n hoop bande geklouter, gebalanseer en kruip.

Eyethu Mahlalela probeer haar balans behou.

Die klasse is in vier gedeel en die groepies het tougetrek teen mekaar.

Hulle moes daarna, hande agter die rug, na ‘n lekkertjie op ‘n toutjie hap.

Die hindernisbaan was nie net groot pret nie, maar kleuters kon nuwe vaardighede aanleer en oefen op ‘n praktiese manier.

KYK: Kids Try 100 Years of the Most Expensive Foods | Bon Appétit

Mid-oggend het die groepe ‘n blaaskans gevat en aan heerlike pizzas, geborg deur Debonairs, gesmul.

Die onderwysers het ook laatoggend die hindernisbaan al laggend aangedurf tot groot vermaak van mede-personneellede en die kleuters.

Desiland hoop om elke kwartaal so ‘n geleentheid te reël en bedank almal wat die bokkesport ondersteun het.

Loer na nog foto’s van die bokkesport hier.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Nkomazi’s economy to grow thanks to multi-billion Rand SEZ

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: