Groentjies sing en dans tydens soektog na die Komati Hart

Jay-Jay Bosch, die Grinch, met die gesteelde Komati Hart.

KOMATIPOORT – Die Trolle, Minions, Popeye, Flintstones, Powerpuff Girls en Cat in the Hat het almal tydens Komatipoort Akademie se groentjiekonsert ‘n draai op die verhoog gemaak.

Pastoor Billy van Niekerk van Gateway Gemeenskapskerk het die verrigtinge geopen met skriflesing en gebed en leerders motiveer dat God ‘n plan vir elkeen se lewe het.

Die graad agts het toe deur musiek en dans in die groot soektog na die Komati Hart gedeel.  Uiteindelik is dit by die Grinch gevind, wat ook Kersfees gesteel het.

LEES: Komaties verwerf 23 medaljes by hierdie jaar se interhoër

Die les van die verhaal was dat die Komatihart vol gees is en daar altyd plek vir nog iemand is en as voorbeeld is selfs die Grinch aan die einde van die konsert in dié groep opgeneem.

Na pouse het die Inkred-Ables, die nuwe onderwysers, op hul beurt ook kans gekry om die gehoor te vermaak met hul verskuilde talente met skreeusnaakse gevolge.

Hoofmeisie, Chantoné van der Merwe, het almal bedank wat die groep ondersteun het en ‘n aandeel in die aand gehad het, asook vir die Skiwi ouers vir hul geduld en ondersteuning  tydens die ontgroeningsproses en konsertoefening.

KYK NA FOTOS: Bekende strokiesprentkarakters maak ‘n draai op Komaties se verhoog

Die leiers en Skiwis is daarna vir hul positiwiteit en goeie samewerking bedank en elke Skiwi moes ‘n brandende kers doodblaas voor hulle as ‘n volwaardige graad agt ingehuldig is.

Paulo Goncalves, die hoofseun, het daarna ‘n lys vol pryse aan die Skiwis uitgedeel. Denise de Beer en SJ Botha is as die Skiwis van die Jaar aangewys.

Hy het afgesluit met ‘n aanhaling van Dr. Seuss:  “You’re off to great places!  Today is your day!  Your mountain is waiting, so get on your way!”

  AUTHOR
Chrissie du Preez

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Impalas reken af met die Rooikatte

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: