KLETS MET KATRIEN: Onthou die lekker van toeka se kinderjare

Lank, lank gelede…Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, van die kafee op die hoek, ‘hop scotch’ vir meisiekinders, ‘alie’-tyd by die skool met ‘n ghoen, touspring, klippie en ‘handstands’ en donkie, krieket in die groot agtertuin, dan swem in die sinkdam of skoon riviere.

Kamp op die stand was nie taboe, ‘n swaai (gemaak van tou met tamatiekasplank vir sitplek) aan die groot appelkoos-boom, foefie-slide se seer boude, rugby op die oop stuk veld, tennis en spoorsny in die stofstrate.

Die reuk van koekies uit die kombuis, gemmerbier in die spens, kougom vir ‘n pennie, roomys by die kombi met ‘n eentonige deuntjie.

Daar was altyd groot opgewondenheid as jy die roomyskarretjie in die straat hoor afry het. Foto: Pinterest.

Wag, wag, kan jy nog onthou…. toe om-die-hoek vêr was, toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan en husse met lang ore!!

Honderde muskietbyte toe jy met oop vensters kon slaap, stukkende knieë en repe vel afdop in die somer. In winter is dit op mielieblare speel en ai ai daai aand as jy bad – die brand!  Taaitoffie-appels en sand in die swemklere. “Cowboys en kroeks”, ’rounders’ en boomklim, modderkoekies bak.

Skool toe loop sonskyn of reen. Ring a ring a rosy speel tot jy op die gras neerslaan en na asem snak. Onder die hande klap, wolf wolf hoe laat is dit, lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel.

Waterbomme en kleilat was die grootste wapens. ‘n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie of droë sjokoladepoeier met suiker vir sjokolade, yslollies in Tupper houertjies (gevriesde aanmaakkoeldrank), jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno’s, borrels blaas met seepwater en ‘n strooitjie, lang ure se kook aan kondensmelk tot karamel, Wilson’s en Sharps taai toffies, malvalekkers, vissies en lang stukke liquorish of drop.

Tuisgemaakte ysie-roomys hou in spesiale plek in baie van ons harte. Foto: Tripod/Getty Images.

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra vir PT of netbal wedstryde was.

Dit was nie vreemd om twee of drie ‘beste’ maats te hê nie. Niemand het betaal vir ‘n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 10 tot 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.

Almal se ma’s was by die huis as die skool uitkom.

Onthou hoe ‘n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.

Die lekkerte van by die padkafee of drive-in gaan eet, want uiteet by ‘n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand ‘n wenkbrou sou lig as enige ouer ‘n kind berispe of in die werk gesteek was en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie. Ons was doodbang om uit te vind wat die grootmense van ons droogmaak sou dink.

Het die onthou nie goed gevoel nie?

Onthou nog toe besluite geneem is met “eeny-meeny-miney-mo.” Olka bolka riebietjie stolka om te besluit wie gaan toe hou! Foute was omseil met ‘n eenvoudinge “nixs daps.”
Geldsake was net in Monopoly.

Monopoly het kinders baie oor geldsake geleer. Foto: Youtube.

Die ergste wat jy van die ‘ander’ geslag kon kry was kieme.
Gevang met ‘n wapen by die skool was die BIC pen pea shooter waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies ‘n kettie op die speelgrond.

Tok-tokkie of wegkruipertjie wat buite in die aande gespeel is terwyl nèt die grootmense in die sitkamer gesit en kuier het of rekspring en touspring saam met jou maats. Daar was soveel verskillende maniere van twist met daai rek of tou spring!

‘Verdowingsmiddel’ het beteken “Milk van Magnesia” of Lewensessens.
Moed is ontdek as iemand jou dare.
Ouer broers was die grootste boelies, maar ook die beste beskermers.

As jy meeste van die dinge onthou, dan het jy  G E L E W E!

Geniet en troetel die nagedagtes. Dit was wonderlike tye!

Katrien.

  AUTHOR
Corridor Gazette

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: