Angels en bejaardes hou feesmaal om jaareind te vier

Ansie Cornelissen, Rita Notnagel, Des Deysel en Denyse Potgieter.

MARLOTHPARK – Die Guardian Angels het op 22 November die einde van die jaar saam met hul groep bejaardes by Phumula Kruger Lodge gevier.

Die jaarlikse Kerspartytjie is ‘n hoogtepunt op die organisasie se kalender en is hul laaste byeenkoms vir die jaar.

Die groep het aan heerlike boerekos en nagereg gesmul en bedank hartlik vir Johanna, Maria en hul personeel by Phumula.

Daar is gesellig saamgekuier en Kerspakkies aan die bejaardes uitgedeel.

Die Guardian Angels wil graag al die borge bedank wat hulle gedurende die jaar so ruimhartig ondersteun het.

Die Angels bestaan uit ‘n groep vrywilligers wat bejaardes in Malalane en Marlothpark bystaan deur hulle geselskap te hou, na afsprake te vat en te verseker dat daar na hulle omgesien word.

LEES: Guardian Angels maak die dag spesiaal vir bejaardes

Die groepe het onlangs gegroei en die Angels nooi enigiemand wat graag hulle wil help met hul liefdestaak om gerus in die nuwe jaar by hulle aan te sluit.

Die vrywilligers kom elke eerste Maandag van die maand bymekaar en hou dan een keer ‘n maand ‘n kuierdag of uitstappie vir die bejaardes onder hul vlerke.

Dit wissel van ‘n piekniek of paaseierjag tot die jaarlikse uitstappies na die garnaalfees in Komatipoort in Julie en die wildtuin in September.

LEES: Musiek uit toeka se dae streel seniors se ore

Die eerste vergadering sal op 5 Februarie wees en die eerste byeenkoms vir die bejaardes op 15 Februarie. Navrae: Alta Robberts by 082-493-4261.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gemeenskap help Angels om vir bejaardes te sorg