Komati-leerders verwerf gesogte krone en titels

Franco Stander, Danie Erasmus, Paulo Goncalves, Rosanne Lotter, Chantoné van der Merwe en Tanielle Jordaan.

Die finaliste in die Mnr. en Mej. Komati-kompetisie het tydens ‘n glansgeleentheid op 13 Oktober die kans gekry om hulle lywe model te hou en hul beste voetjie voor te sit.

Magda Stronkhorst en haar span het weereens gesorg vir ‘n spoggeleentheid en families en vriende het dit geniet om die finaliste in prettige en pragtige informele, semi-formele en formele uitrustings te sien.

Die aand het nie net oor mooi gesiggies en slimkoppe gegaan nie. Daar is ook gekyk na kinders wat toegewyd en bereid is om hulle lig oral te laat skyn en ‘n verskil in gemeenskapslede, soos seniorburgers, se lewens te maak.

LEES: Mnr. en Mej. Komati maak tyd vir seniors

Die beoordelaars was ‘n bekwame span en het bestaan uit Etienne Vorster, nuwe apteker in die dorp, Marian du Plessis en haar pragtige dogter Chimone Kok, Zelda Fürstenberg van Turning Heads salon, Piet van Dyk, Danita Meyer en Theo Stronkhorst.

Die finaliste het heel professioneel op die loopplank gelyk en seremoniemeester Andreas “Worsie” Rautenbach het homself goed van sy taak gekwyt en self ook ‘n liedjie gesing.

Uittredende Mnr. en Mej. Komati, Emil Dorey en Lizel Potgieter, het vir oulaas ‘n draai geloop voor hulle krone aan die nuwe glanspaar oorhandig is.

LEES: Die nuwe Mnr. en Mej. Komati word gekroon

Paulo Goncalves en Rosanne Lotter het die titels verower. Danie Erasmus en Chantoné van der Merwe is as eerste prins en prinses aangewys, en Franco Stander en Tanielle Jordaan is die tweede prins en prinses.

Paulo is ook as Mnr. Fotogenies en as publieke keuse aangewys. Mej. Fotogenies was Tanja Theunissen. Tanielle is as publieke keuse aangewys en Rosanne Lotter as debutante. Franco en Chantoné is ook as Mnr. en Mej. Persoonlikheid gekies.

  AUTHOR
Chrissie du Preez

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: