Finaliste oefen laaste passies vir Mnr en Mej Komati

Mnr en Mej Komati finaliste: WG Engelbrecht, Rosanne Lötter, Tanielle Jordaan, Zandri van Aardt, Sonja Theunissen, (middel) Paulo Goncalves, Thristen Smit, Marné Vermaak, Jacoline Mans, Tanja Theunissen, Doné Gouws, (agter) Franco Stander, Jeanray Visser, Wessel Luies, Estiaan Pretorius, Danie Erasmus, Jodie Thorburn en Tiaan Botha. Afwesig: Chantoné van der Merwe en Nobuhle Magagula. Foto: Chrissie du Preez

Finaliste van Komatipoort Akademie se Mnr. en Mej. Komati is hard besig om voor te berei vir Vrydag se kroning.

Dit vind van 18:00 tot 20:00 by die skool plaas en vriende en familie word genooi om die leerlinge te kom ondersteun. Ingang is R10 per persoon.

LEES: Mnr. en Mej. Komati 2016 word gekroon

Me. Magda Stronkhorst het die leerlinge die korrekte passies vir die modeparade, wat deel van die geleentheid gaan vorm, geleer.

Na afloop van die kroning, gaan die jaarlikse lentebal plaasvind, wat ook ‘n hoogtepunt vir leerlinge is. Ingang is R20 per persoon en R40 per paartjie. Slegs vir hoërskoolleerlinge.

  AUTHOR
Chrissie du Preez

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Skukuza wen tuiswedstryd teen Komati