KLETS MET KATRIEN: Padkos vir die siel

Elkeen van ons kom op ‘n tyd deur moeilike omstandighede. Daar is twee maniere om daarna te kyk: die glas is half leeg, of die glas is half vol.

Ons ondervinding gee of vir ons rede om te kla, of dit is die geboorte van nog ‘n getuienis tot eer van God.

Filippense 1:12, “Ek wil hê julle moet weet, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het.”

Kyk maar en sien, die hand van God is met ons, Hy het altans belowe, “Ek sal julle nooit begewe of alleen los nie.” Prys Hom!

Geniet jou naweek in Jesus se knus, warm liefde.

Shalom

  AUTHOR
Corridor Gazette

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
KLETS MET KATRIEN: Kom ons gee om