Lanies-wintersportspelers presteer op provinsiale vlak

Die o/11-netbalspan. Voor: Shireese du Plooy, Mia van Staden, Anona Sibiya, Sadiya Tap, Zuki Lubisi, afrigter Belinda Potgieter, (agter) Khadija Patel, Teagan Terblans en Nonhla Sigudla.

Drie van Laerskool Malelane se netbalspanne het baie goed in die Mpumalanga Kampioenskappe by Laerskool Nelspruit gevaar. Die o/11-, o/12- en o/13-spanne het in die A-liga vir mediumskole deelgeneem en onderskeidelik derde, tweede en vierde geëindig.

Die o/12-netbalspan, voor: Gugu Shabangu, Steffie Marais (afrigter), Danielle Bothma, (agter)  Hope Madonsela, Ayomide Osho, Lelo Mdluli, Daisy Mona en Nadine Nortjé.

Hope Madonsela, een van die o/12-spelers, is gekies vir die Mpumalanga o/12A-span en gaan van 3 tot 6 Julie by Hoërskool EG Jansen aan die nasionale kampioenskappe deelneem.

Provinsiale netbalspeler, Hope Madonsela.

Twee van die skool se rugbyspelers is gekies vir die o/12 Pumas-span en het reeds in twee wedstryde gespeel. Gedurende die naweek van 26 Mei het hulle in Potchefstroom teen die Limpopo Blue Bulls gespeel en 15-10 gewen en gelykop (19 elk) teen die Leopards gespeel.

O/12 Pumas Siphesihle Dlamini en Fumani Chauke.

Saterdag het hulle in Krugersdorp teen die Gauteng Blue Bulls gespeel en 1-12 verloor.

Die span toer aan die einde van Junie na Vryheid waar hulle aan die mini-Cravenweek, ‘n interprovinsiale kompetisie, gaan deelneem.

Nog Lanies-nuus:

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Lanies-konsert vertel hoe boere hul droomvroue vind