Lappop vind haar held tydens kleuterkonsert

Zandri Botha as Lappop en Caden Langenhoven as De La Rey.

MALALANE – Klouter Kabouter se jaarlikse Kersboom verlede Vrydag het uit die kroning van kleuters wat grootskool toe gaan, ‘n konsert en ‘n besoek deur Kersvader, bestaan.

Die sewe kindertjies wat graad R voltooi het, het plegtig met rooi mantels die verhoog betree en elkeen het ‘n paar vragies oor hulself en hulle ervaring by die skool beantwoord. Hulle is deur eienaar Wilma Wolmarans gekroon en het blomme en ‘n Bybel ontvang.

Dit was daarna Lappop en haar vriende se beurt op die verhoog. Lappop het deur storieland gereis op soek na ‘n tuiste. Sy’t eers by Klouter Kabouter se babakamer ‘n draai gemaak, waar die babas in vrolike uitrustings gesing en hop het en luister daarna hoe ‘n Eskimo, wolf en ysbeer oor hulle land van sneeu sing.

Die skoenmaker het vir Lappop ‘n nuwe paar skoene gemaak, maar sy wou nie by hom bly nie. Oupa het te vinnig met sy ou Ford gery en moes kort-kort die twee hoenders en die eend uit die pad uit jaag.

Lappop gaan ashoop toe en word tot haar verbasing as die Koningin gekroon, nadat die kleuters Carike Keuzenkamp se bekende “Die Lappop” gesing het.

Ambadi Premkumar, Armand Dreyer, Marnu van der Merwe en Ruan Badenhorst.

‘n Stukkende skoen, vrot pampoen, grammefoonplaat en kous-sonder-maat: Ambadi Premkumar, Armand Dreyer, Marnu van der Merwe en Ruan Badenhorst.

Sy is egter opsoek na ‘n held, ontmoet daarna die superhelde en dans saam met die Barbie-meisies, waar sy heel tuis voel.

Die soldate, gelei deur Generaal De La Rey, het geweer-in-die-hand die verhoog betree en die generaal het met Lappop gedans. Hy vra haar toe om by hom te kom bly en sy stem in. Die groep vier dit deur saam te sing.

Die kleuters het hulself daarna op die verhoog tuisgemaak om vir Kersvader te wag. Alhoewel party van die kleiner kinders skrikkerig vir hom was, het die ouer kleuters entoesiasties hulself op sy skoot tuisgemaak om hulle geskenke te ontvang.

Nadat geskenke oopgeskeur is en die lekkergoedpakkies effe leër was, het die ouers aan eetgoed gaam smul en lekker gekuier.

Kyk na foto’s van die konsert hier.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Motorist killed in three-vehicle accident near Malalane