Skilpad Rally lok grootste belangstelling nog

Die wenners span Hee-Ha, voor: Henk Mostert, (agter) Joelene Caldeira, Zelda Furstenberg, Netashia Theron, Marian du Plessis, Gerda Mostert, Estian Schutte, Stella du Preez, Seugnet Schutte en Herman Schutte.

Die Skilpad Rally is een van Komati Akademie se jaarlikse fondsinsamelings-pogings en die skool was verras oor die groot belangstelling wat dit geniet het.

Daar het vanjaar 41 spanne ingeskryf, wat in grootte van twee tot 10 spanlede gewissel het. Kollegas, vriende en familie het die geleentheid gebruik om kameraderie te bevorder en het Saterdag in snaakse en interessante uitrustings saam die hitte getrotseer.

Fietsryers en motorfietse het besluit hulle wil ook deelneem en het spanne gevorm.

Dit was gewis nie speletjies om vyf ure lank op ‘n bergfiets in die warm Komati-son deur te bring nie.

Party deelnemers moes vir ‘n paar dae met interessante sonbrandmerke, soos dié van ‘n fietshelm, rondloop.

Danie Janse van Vuuren het die roete, wat net so oor die 40km gestrek het, deeglik en vol uitdagings uitgewerk.
Daar is nie volgens tyd gewerk nie, maar punte.

Groepe moes by verskeie punte stop om opdragte te voltooi of vrae te beantwoord. Die span wat uiteindelik die meeste punte kon verdien, het die uitdaging gewen.

Die Ninja Turtles, voor: Angelique Cilliers, Eleanor  de Bruyn, (agter) Johan en Donica Visser, Nicky en Lawrence Gouws, Andries en Roanele de Bruyn.

Die Ninja Turtles, voor: Angelique Cilliers, Eleanor
de Bruyn, (agter) Johan en Donica Visser, Nicky en Lawrence Gouws, Andries en Roanele de Bruyn.

Die deelnemers het met groot opgewondenheid die avontuur begin.  Koelbokse het onder die drink- en eetgoed vir die langpad gekreun en almal het na ‘n dag van groot pret uitgesien.

Mnr. Ormond Lombard, Komatipoort Akademie se skoolhoof, het almal bedank wat deel van die geesvangdag was.
Dit was sy eerste keer as deelnemer en alhoewel sy span eerste weggespring het, het hulle heel laaste teruggekeer, weens die feit dat hulle voertuig, ‘n trekker en sleepwa, ‘n pap band gekry het.

Elke lid was verplig om by die waterglybaan af te gaan en kon darem in die dammetjie water aan die eindpunt afkoel.

Die span het egter hul ekstra tyd op die roete gebruik om die verkeer op die roete by Krokodilbrug entoesiasties vir donasies vir die skool te nader. ‘n Ekstra R2 796 is ingesamel.

Die Selati-span: Danie Erasmus, (agter) Mariaan Erasmus, Ormond Lombard, Alta Saaiman, Hilton en Belinda I'ons en Christo Oosthuizen.

Die Selati-span: Danie Erasmus, (agter) Mariaan Erasmus, Ormond Lombard, Alta Saaiman, Hilton en Belinda I’ons en Christo Oosthuizen.

Almal was dit eens dat die geleentheid groot pret was, ten spyte daarvan dat die meeste ‘n paar keer verdwaal het.

Team Hee-Ho, oftewel Joelene Caldeira, Zelda Furstenberg, Netashia Theron, Marian du Plessis, Gerda Mostert, Stella du Preez, Henk Mostert asook Herman, Seugnet en Estian Schutte het die meeste punte behaal en is as wenners gekroon.

Die Ninja Turtles het die beste spangees gehad, terwyl Team Tortoise die besgeklede span was.

Angie Pelser, Essie en Isabelle Horn, Janna Wilken, Shanei Mostert, Sunel Meyer, Felicity Carey, Nettie Oosthuizen, (voor) Cecile van Rensburg.

Angie Pelser, Essie en Isabelle Horn, Janna Wilken, Shanei Mostert, Sunel Meyer, Felicity Carey, Nettie Oosthuizen, (voor) Cecile van Rensburg.

 

Die groep met die beste uithouvermoë was die MTB-span, genaamd Team Maxed.

Die Pirates het die legkaart die vinnigste by een punt, in 14 sekondes, gebou.

Verskeie spanne het pryse gewen deur ‘n gelukkige trekking.

Die skool bedank al die borge wat bygedra het om die geleentheid ‘n groot sukses te maak.

Kyk na meer foto’s hier.

  AUTHOR
Chrissie du Preez

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Jukskeiklubs dreun mekaar by liga op