Komatipoort Akademie groet matrieks met spoggeleentheid

Wikus Nienaber en Yvonne van der Linde.

KOMATIPOORT – Ses-en-twintig paartjies van Komatipoort Akademie, uitgevat in pragtige blink rokke of netjiese pakke, het uit ‘n verskeidenheid voertuie geklim, vanaf splinternuwe en antieke motors tot ‘n motorfietse en helikopter om die matriekdans by die Kambaku Gholfklub by te woon.

Mnr. Gert van Wyk en sy vrou het gesorg dat elke oomblik van die geleentheid op foto’s vasgevang word en die kameraflitse van die ander fotograwe het die matrieks laat voel asof hulle op ‘n regte rooi tapyt in Hollywood was.

Heelwat gemeenskaps-, familielede en medeleerlinge het al vroeg sitplek die klub se ingang ingeneem om die aankoms te aanskou. Na die vorige aand se reën was dit heerlik koel en sonder enige wind, perfek vir die meisies se aandrokke.

Vanjaar se matriekleiers se tema was om ligdraers vir Hom te wees en dié is tydens die geleentheid smaakvol deur feetjieliggies en kerse weerspieël.

Die dekor is deur Shonga Events, met behulp van die gr. 11-voogde,mee. Marietjie Stassen en Anette Prinsloo, die span en staatmaker-ouers (in besonder me. Susan Swanepoel) behartig.

Die aand se verrigtinge is deur Dirk Koekemoer, ‘n gr. 11-leerling hanteer. ‘n Vrolike en uitbundige groep gr. 11’s het as kelners opgetree en selfs ‘n jeukende voet tussendeur op die dansbaan gewaag (met toestemming natuurlik).

Die skoolhoof, mnr. Ormond Lombard, het ‘n kort, inspirerende afskeidsboodskap gelewer en die twee hoofleiers van 2016, Danie Bothma en Angelique Stronkhorst het die bedankings behartig.

Die matrieks en personeel het aan ‘n driegangmaaltyd gesmul, wat deur die klub se spysenieringspan behartig is. Die Bar One-crêpes met roomys was ‘n hoogtepunt.

Willie Horn, ‘n bekende gesig en stem agter die mikrofoon, het die musiek verskaf en die matrieks het die res van die aand op die dansbaan rondgehop en -geswaai.

Die skool bedank graag almal wat die mooimaak en bederf van ‘n paar matriekdames moontlik gemaak het of etekaartjies geborg het, asook almal wat gehelp het dat hierdie voorwaar een van die jaar se hoogtepunte vir die matriekleerlinge was.

Kyk hier na foto’s van die matrieks.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kambaku se lede spook dit in kampioenskap uit