Brief: Geraas in Marlothpark

‘n Baie ontnugterde, onstoke Marlothparker skryf:

Dit wil vir my voor kom of die doel waarvoor Marlothpark aanvanklik sy ontstaan te danke het, vir ewig daarmee heen is. Ek weet van mense wat hul onwettige motorhuis in ‘n onwettig woonstel met permanente huurders daarin omskep het. Verder word hulle woonhuis ook op ‘n gereelde basis uitverhuur. Kontrakteurs het in die huis ingetrek en bewoon dit tans op ‘n langtermynbasis. Die ergste van alles is, dat hulle hier ingetrek het om ‘n myn in die omgewing tot stand te bring. Verbeel jou om huisvesting te verleen aan huurders wat ‘n myn wil begin.

Die geraas en toestroming van mense is soms oorweldigend. Somtyds sukkel ek om uit my eie motorhuis te kom as gevolg van die feit dat die pysteeltoegang toegeparkeer is omdat daar geen ander toegang tot hulle erf is nie.

Dit kan dalk aanvaarbaar wees oor langnaweke en tydens skoolvakansies, maar verbeel jou om permanent vreemde kontrakteurs langs jou te hê, is bietjie verregaande – absoluut geen konsiderasie vir ander nie en lyk my dit geld vir ander mense.

  AUTHOR
...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Sjef kook Suid-Afrikaans in China