Skilpad Rally bied ‘n unieke tydren ervaring

Hulle was Nicolette van Niekerk, Arnold van Niekerk, Lawrence Gouws, Kraai Cilliers, Marlene Rourke, Nicky Gouws en Chantelle van Staden.

Die gewilde jaarlike fondsinsameling vir Komatipoort Akademie, die Skilpad Rally, behels dat spanne op ‘n twee- tot drieuur-roete vertrek wat oor ‘n paar plase strek. Hulle moet dan ‘n paar vrae oor landmerke en interessanthede korrek beantwoord en by vier punte vir aktiwiteite stop.

Van die spanne het met ‘n trekker en sleepwa, versierde bakkies of selfs motorfietse opgedaag. Ander het volgens ‘n interessante tema aangetrek, en talle het sommer die hele gesin in die kar gelaai vir ‘n dag se pret.

Die geesdriftige Arriba-Arriba het die meeste punte tydens die Skilpad Rally verdien.

Na die wegspring by Tenbosch se TSB-Wildskamp het die spanne by die klubhuis stilgehou. Hier moes hulle vir 10 punte een van die drie uie van die stoep af in ‘n drom op die grasperk gooi. Daar was ook vars worsbroodjies (met gebraaide uie) en ‘n lafenis.

Beamptes Willem Botha en Danie van Vuuren saam met Louis Colmanet van Global Fencing by die groepe se eerste aktiwiteitspunt.

Spanne moes ook soms langs die pad stop om die vrae te beantwoord of ‘n landmerk van naby te besigtig.

Die derde punt was teen die draad langs die Krokodilrivier en hier het BUCO Malelane spanwerk getoets. Drie lede moes op twee planke klim (met tou-“handvatsels” aanmekaargebind) en in die vinnigste tyd moontlik tot by ‘n punt daarmee loop. Dit het koördinasie en balans vereis en die toeskouers (en soms deelnemers) het geskaterlag vir die pogings.

Die Hippies, Drian Cowie, Reuben van Rhyn, Antuné Barnard, Tanya Koekemoer, Sharon Cordier, Elize Barnard, Marchelle Botha, Martin Botha en Diandra Botha.

Hier is deelnemers ook op eet- en drinkgoed getrakteer.

Die derde (en mees uitdagende) punt was deur twee vrolike dames, Ruby de Kock en Isabel du Preez, beman. Deelnemers moes twee-twee op ‘n plank op ‘n ronde pyp balanseer en dan punte verdien deur te kyk hoeveel balle hulle in potte kon gooi.

Isabel du Preez en Ruby de Kock het deelnemers se balans en hand-oog-koördinasie by hulle aktiwiteit uitgedaag.

Daarna moes hulle vir oulaas ‘n paar vrae beantwoord voordat hulle ‘n draai by ‘n fondsinsamelingskarwas van ‘n groep Komaties gaan gooi het.

Marlene Rourke en Nicky Gouws help Arnold van Niekerk en Lawrence Gouws balanseer by een van die aktiwiteite.

Die vure is vroegaand aangesteek en daar is smullekker potjiekos verkoop. Rugbygeesdriftiges kon in die klubhuis die Super Rugby-eindstryd gaan kyk en later by die groep aansluit wat om groot vure by die wildskamp gekuier het. Die plaaslike musiekgroep The Expendables het reeds van vroegmiddag af musikale vermaak verskaf.

LEES: Skilpad Rally lok grootste belangstelling nog

Arriba-Arriba, ‘n lewenslustige groep wat met sombreros en ponchos die reis voltooi het, was in die eerste plek. Groepslede was Joelene Caldeira, Seugnet Schutte, Gerda Mostert, Leonie de Nuyschen, Michiel en Zelda Furstenberg, Willem en Elmarie Blom, Danie en Jacoret Botma, Karien en Jeanne van Veyeren, Charl Grobler en Marian du Plessis.

FOTOS: Interessante uitdagings bied hope pret by Skilpad Rally

Die Groen Monster – Domien van Buynder, Jacques Mostert, Laura Mostert, Tiaan Mostert en Leriesa Mostert was in die tweede plek en Spoormakers Jaco Visser en Janco Barnard was derde.

Die organiseerders bedank graag hoofborge Pick n Pay Naas en RCL Foods, asook al die ander borge, helpers en deelnemers wat handjie bygesit het om die geleentheid so wondelik te maak.

  AUTHOR
Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Lanies se gholfdag weer puik ondersteun