Lanies se sportspanne slyp hulle vaardighede vir die nuwe seisoen

Die o/9-, o/11- en eerste krieketspanne het goeie blootstelling en ondervinding by die Laerskool Witrivier Krieketweek opgedoen.

Tussen 10 en 15 Julie het 38 spanne van 13 skole 80 wedstryde gespeel.

Die Lanies se spanne het elk aan vyf wedstryde deelgeneem. Die o/9’s het twee gewen, o/11’s, een en die eerste span, drie.

Die sterk kompetisie het as goeie voorbereiding gedien.

Abdullah Patel en Abdullah Moosa was twee van die skool se beste spelers en het toekennings vir hulle goeie prestasies ontvang. Patel het sewe paaltjies vir sewe lopies gevat en Moosa het 109 lopies aangeteken sonder om uitgevang te word.

LEES: Lanies se eerste krieketspan kry provinsiale kleure

Die skool bedank graag al die persone wat die seuns vergesel het, vir hulle opoffering en die ouers vir hulle ondersteuning.

Van 2 tot 5 Julie is ‘n hokkiekliniek vir o/10- tot 0/13-spelers van die Laeveld by Hoërskool Rob Ferreira gehou. Twaalf o/11-Lanies het dit bygewoon, vergesel deur hulle afrigter, Hieta Erasmus.

Hulle het die oggende afrigting ontvang en in die middae wedstryde gespeel. Die leerlinge het baie geleer en die ervaring geniet.

LEES: Aspiring cricketers get tips from a Springbok

Die o/13-hokkieseuns en -meisies het hulle voorbereidings tydens ‘n kliniek by Camp Discovery gedoen.

Die toer was van 17 tot 20 Julie op ‘n wildsplaas en leerlinge moes die hele dag reis om daar te kom.

Shaun Hulley, die hoofafrigter van NWU-Pukke se dameshokkiespan en sy hulpafrigters het die kliniek aangebied.

Die spelers het in die oggende vaardighede aangeleer en dan ‘n blaaskans gehad wat bestaan het uit aktiwiteite soos spanbou en wildsritte. In die middae het hulle hul nuwe vaardighede in wedstryde geoefen en is deur die afrigters van NWU-Pukke gehelp.

LEES: Spelers geniet die pret en kompetisie van mini-hokkiedag

Die meisies het aan ses wedstryde deelgeneem en die seuns aan sewe. Hulle het teen groot skole van die Laeveld en Gauteng gespeel.

Na aandete was daar weer pret-aktiwiteite soos ‘n nagmars, krete uitwerk en selfs ‘n swembadpartytjie.

Die onderskeie skoolspanne se afrigters het ook baie van die afrigters geleer en sal hierdie vaardighede nou kan inspan om hulle spanne gedurende die seisoen te help verbeter.

Dit was vir die Lanies se afrigters wonderlik om te sien hoe die spanne tydens die kliniek verbeter en hulle nuwe vaardighede in die oefenwedstryde toepas.

  AUTHOR
Corridor Gazette

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
KLETS MET KATRIEN: Padkos vir die siel

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other