Lanies-konsert vertel hoe boere hul droomvroue vind

Die vyf boere: Isaac Mashaba, Marcel Northe, Chawe Nkuna, Rossouw Janson en Réhan Radley.

MALALANE – Laerskool Malelane se konsert was ‘n prettige vertelling van hoe vyf boere liefde vind.

Na ‘n dag se harde werk nooi Boer Jan van Malalane ‘n paar van sy vriende oor vir ‘n braai, aangesien hy nie alleen wil kosmaak nie. Jan, Arno, Stefaans, Jackson en Sipho (gespeel deur Iaac Mashaba, Marcel Northe, Chawe Nkuna, Rossouw Janson en Réhan Radley) besluit om vir Boer soek ‘n Vrou in te skryf en die gehoor word voorgestel aan seisoen 10 se aanbieder, die lieflike Jane (Luandi Fourie).

Die boere ontvang hulle bokse met briewe en deel sommer ‘n paar van die lekkernye wat hulle vind aan die gehoor uit.

Terwyl die boere hul opsies oorweeg kom flankeer drie boeremeisies met Jan op die maat van “Jan, asseblief tog, squeeze my”.

Hope Madonsela, Zimri Leuvennink en Anona Sibiya as die boeremeisies.

Die boere kies hulle meisies en Jan bieg dat hy op aanbieder Jane verlief is. Hy vra haar om te trou, maar sy vlug omdat dit teen die reëls is.

Gr. 4’s se Amukelani Thobela, Samantha Ferreira en Sphokazi Thwala.

Terwyl van die ander boere hulle meisies kry en tydens ‘n seremonie trou, moet Jan vir Jane se antwoord wag. Tot Jan se verbasing gee sy vir hom ‘n ballon aan met haar ja-antwoord en die groep wys aan die gehoor met ‘n plakkaat dat hulle na ‘n lekker boeretroue uitsien.

Gr. 5’s se Phila Sibiya, Jannes Erasmus en Lwanele Nkosi.

Die verskillende grade het tussen die storiedele entoesiasties gedans, hoepels geswaai en gehop op maat van treffers soos “Mamma, ek wil ‘n man hê”, Eden se “Superhero”, Omi se “Cheerleader”, “Susanna soen my”, “Mamma Thembu’s wedding” en Snotkop se “Cool soos Koos Kombuis.

Die ingewikkelde passies van sommige danse was indrukwekkend, terwyl die ywer en entoesiasme van leerlinge prettig was om te sien.

Die kleurvolle kostuums was ook baie aanskoulik en die leerlinge het dit duidelik geniet om saam met hul maats op die verhoog vir familie en vriende op te tree.

Klik hier vir die gallery met konsertfoto’s.

  AUTHOR
Retha Nel

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Scouting in Nkomazi helps change children’s lives

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other