Twee plaaslike skole presteer by kringtoekennings

Wenonderwysers Kyla Joubert, Celia Greyling, Belinda I'Ons, Rheta Stronkhorst (agter) Ormond Lombard, Tasja Meyer, Lydia Lombard, Anina Willers, Elanie Meyer, Marla Erasmus, Mardo Lombard, Leonie Prinsloo en Adéle Hansen.

KOMATIPOORT – Komatipoort Akademie is onlangs tydens ‘n kring-prysuitdeling van die provinsiale departement van basiese onderwys behoorlik onder die trofeë en toekennings toegegooi. Laerskool Malelane was ook een van die topskole in hulle kring en het drie toekennings verwerf.

Komatipoort Akademie het uitstekend gevaar in die Nkomazi Oos-kring en in verskeie vakke is sy onderwysers as die beste in hul vakgebied aangewys:

Gr. 3 se Marlla Erasmus vir wiskunde en Elanie Meyer vir Afrikaans, gr. 6 se Anina Willers vir Wiskunde en Lydia Coombi vir Afrikaans huistaal, en gr. 9 se Mardu Lombard vir wiskunde en Kyla Joubert vir Engels eerste addisionele taal.

Agt onderwysers was die beste in hulle vakgebied op gr. 12-vlak: Lydia Lombard vir toerisme en gasvryheid, Tasha Meyer vir besigheidstudies, Leonie Prinsloo vir fisiese wetenskap, Anet Prinsloo vir Afrikaans, Belinda I’Ons vir Engels, Adele Hansen vir geografie en lewenswetenskap, Mardu Lombard vir wiskunde, en Celea Greyling vir rekeningkunde.

Die skool is ook as algehele wenner vir wiskunde en rekeningkunde aangewys.

Die beste student van die jaar in die kring was Mardu Prinsloo van Komatipoort Akademie met sewe onderskeidings en Angelique Stronkhorst was derde met drie onderskeidings. Die skool het ook die algehele derde plek in die kring in die matriekeindeksamen verower.

Laerskool Malelane het die kategorie vir Top Performing Primary School gewen en is as die beste skool in buitemuurse aktiwiteit 2016: Atletiek aangewys. Ronel Jansen van Vuuren is ook weer as die beste administratiewe klerk aangewys.

Gerben Janse van Rensburg en Ronel Jansen van Vuuren met Laerskool Malelane se drie toekennings.

Die skool se bestuur is baie trots op hierdie prestasies en bedank elkeen wat ‘n bydrae gemaak het en hard gewerk het om hierdie toekennings te verdien.

  AUTHOR
Chrissie du Preez en Retha Nel

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kringe se beste atlete ding op Komati mee

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other