Klets met Katrien: Die Wet van die vullisvragmotor

Laat jy toe dat ‘n swak bestuurder, ongeskikte kelner, ‘n norse baas of ‘n onsensitiewe medewerker jou dag versleg? So iets kan jou hele dag omkrap en jou in ‘n slegte bui laat.

Die vraag is nou – hoe vinnig kan jy jou fokus na so insident terugkry op dit wat belangrik is?

Sestien jaar gelede het ek ‘n belangrike lewensles agter in ‘n huurmotor oppad na die stasie geleer.

Terwyl ons in die linkerkantste baan ry, het ‘n swart voertuig skielik vanuit ‘n parkeerruimte voor ons ingery. Die huurmotor-bestuurder het baie vinnig gerem, die voertuig het begin gly en ons het die swart voertuig met centimeters gemis.

Die bestuurder van die swart voertuig ruk sy kop agtertoe en begin in die vreeslikste taal ons uitskel. My bestuurder het net opreg vriendelik vir hom geglimlag en gewaai.

Die geheim vir ‘n gelukkige en suksesvolle dag is om nie toe te laat dat ander mense se vullis vragmotors jou lewe oorneem of beheer nie.

Ek vra toe vir hom, “Hoekom het jy dit gedoen? Die ou het amper jou motor afgeskryf en ons hospitaal toe gestuur.

Hy vertel my toe van “Die Wet van die Vullisvragmotor”. Baie mense is soos vullisvragmotors. Hulle hardloop rond vol vullis, vol frustrasie, vol woede en vol teleurstelling. Soos wat die vullis ophoop soek hulle ‘n plek waar hulle dit kan stort. As jy hulle toelaat sal hulle dit op jou stort. Indien iemand dit wel op jou stort, moet jy dit nie persoonlik opneem nie. Glimlag, waai, wens hulle voorspoed toe en gaan aan. Jy sal baie bly wees jy het dit gedoen.

Ek begin dink aan hoeveel keer ek “vullisvragmotors” toelaat om reg bo-oor my ry.

Hoeveel keer neem ek “vullisvragmotors” se gestorte vullis en versprei dit weer na ander mense by die werk, by die huis en op straat?

Dit was die dag waarop ek besluit het dat ek dit nie meer gaan doen nie. Ek het begin om die vullis vragmotors raak te sien.

Ek sien hulle nou al aankom, ek sien die vrag vullis wat hulle dra en ek sien dat hulle dit wil kom stort. Soos my huurmotorbestuurder, maak ek dit nie ‘n persoonlik ding nie, ek glimlag net, waai, wens hulle voorspoed toe en beweeg aan.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
KLETS MET KATRIEN: Padkos vir die siel