Klets met Katrien: Getroud, maar alleen

Dit is alweer Valentynsdag. Die dag waarop mense wys hoe lief hulle mekaar het. Dis blomme en etes en beertjies en kaartjies, liefdesverklarings en soms verlowings en troues.

Liefde is ‘n klein woordjie, wat baie gewig dra. Dis maklik om te sê: “Ek is lief vir jou”, maar bedoel jy dit regtig? Hoekom is jy lief vir iemand? Wanneer laas het jy vir iemand dit gesê en dit bedoel?
Mense maak soms ‘n grappie en sê hulle is gelukkig getroud – die vrou is gelukkig en die man is net getroud.

Dit word vir my elke dag duideliker dat dit nie meer ‘n grappie is nie. Op jou troudag belowe jy en jou eggenoot onvoorwaardelike trou en liefde aan mekaar, net om ‘n jaar of tien later op ‘n punt te kom waar julle mekaar nie meer kan verdra nie of skei.

Vandag is dit maklik om te trou en moeilik om te skei. Ek voel dat dit andersom moet wees.

As dit moeiliker is om te trou sal jy jou eggenoot regtig waardeer en liefhê wanneer julle uiteindelik kan kry.

Baie mense voel dat daar geen waarde in hulle huwelik is nie. Dat hulle niks is nie, deurskynend, alleen.

Om te trou is om twee mense ‘n eenheid te maak, ‘n samevoeging. Daar is êrens tussen jou en jou eggenoot ‘n plekkie waar julle bymekaar moet kom. Julle moet uitkyk vir mekaar se gevoelens en wat die ander een nodig het. Julle moet op mekaar ingestel wees, vir mekaar intree. Vriende wees, nie vyande nie.

Kommunikasie tussen paartjies is ‘n groot probleem. Dis maklik om met ander mense te praat, maar dis vir party mense moeilik om normale gesprekke in hulle huwelike te voer.  Hoe maak ‘n mens dit dan werk as jou bestaan ‘n probleem raak vir ‘n ander persoon?

Dit laat jou getroud, maar steeds alleen.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Klets met Katrien: Die Wet van die vullisvragmotor