Rekordgetal nuwe graad eens vir Komatipoort Akademie

Ouma Marian du Plessis en ma Chimoné Kok saam met Christiaan.

KOMATIPOORT – Die skoolklok het Woensdagoggend  letterlik die skoolloopbaan van 70 Graad eens by Komatipoort Akademie ingelui.  Dit was ‘n rekordgetal inskrywings vir die skool.

Die kinders blyk deesdae meer voorbereid vir skool te wees en betree hierdie nuwe fase in hul jong lewens met meer self vertroue.  Dit is duidelik baie moeiliker vir die ouers en grootouers, wat die kleintjies op hul eerste dag kom aflaai, as vir die kinders self.

Vir Kiekie de Oliviera was die oomblik te groot, maar juffrou Marita Greeff was gou by om te troos.  Oomblikke later het sy ewe gelukkig by  haar skoolbank plaas geneem en gewag om die belangrike dag in haar lewe te begin. Mee. Marie Thiele en Ina Lindeque moes op hulle beurt ook die nuwelinge in hulle klasse troos en gerusstel.

Gerhard du Plessis kon nie wag om te leer lees nie.  Sy beste maatjie, Luan Small, sien weer uit om te leer skryf.  Vir ander is pouse die hoogtepunt om aan mamma se kospakkie, met soveel omgee en liefde voorberei, te smul.

Drie gemeenskapslede wat 27 jaar gelede hul eerste skooldag beleef het, het hulle kleingoed na die graad een-klas vergesel. René Cronjé en haar dogter Mandie Strydom, het vir Wihan kom afsien.  Ian en Olga Lourens met hul seun Jan en Mamma Mia, het vir klein Ian kom afgee, terwyl Gerhard en Roenel Basson, met hul dogter Nadia Small vir Reghardt met sy skoolloopbaan kom sterkte toewens het.

Met die skool se amptelike opening in die saal het die skoolbeginners mooi in hul rye gebly,  alhoewel sommige vir ‘n oomblik vergeet het om stil te bly wanneer meneer Ormond Lombard aan die woord was.  Ander het net met ‘n leë blik op die verhoog gefokus, gewonder wat al die groot woorde beteken en gewag vir juffrou se aankondiging oor die verloop van dié belangrike dag.

Kyk hier na meer foto’s.

 

  AUTHOR
Chrissie du Preez

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Government tackles liquor traders’ troubles

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other