Water skaars ten spyte van rëenvoorspelling

MALALANE – Reën word weer Vrydag en Saterdag in die Onderberg verwag, ofskoon die bewolkte toestande wat sal voortduur, volgens die jongste vooruitskattings van die Suid Afrikaanse weerkantoor. Dit gaan ook heelwat koeler word met maksimum temperature wat tot

18 grade teen aanstaande Maandag kan daal.

Instussen bly die Krokodilrivier leeg. Boere langs die rivier kry steeds minder as die helfte van die normale kwota om te besproei. Ronelle Putter van die Krokodilrivier Besproeiingsraad sê daar word steeds ‘n konstante sewe kubiekemeter water per sekonde uit die Kwenadam gelaat. Die dam is nou 66 persent vol wat ‘n daling sedert verlede week is. Die water bereik egter nie altyd die boere laer af teen die rivier nie. Die syinvloei na die rivier bly maar klein, ten spyte daarvan dat die afgelope tyd se los reënbuie wel bietjie gehelp het.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Feline fighter gets a happy ending